Tuisblad
Skoolwapen en Embleme
Geskiedenis
Visie, Missie en Etos
Skoolgelde
Omsendbriewe
Sport
Kultuur
Akademies
Prysuitdelings
Dokumente
Fondsinsamelings
Personeel
Leiers
Beheerliggaam
Ondersteuningsdienste
Ondersteunersklub
Fasiliteite
Dagboek
Visservonk
Grondplan
Roete Kaart
Kontak Ons

Dr. A.G. Visser
Dr. A.G. Visser
(Digter & Mediese Dokter)

GESKIEDENIS VAN ONS SKOOL

1928-1939 Rensburgdorpskool - Vanaf 1940 bekend as Laerskool A.G. Visser
80 Goue Jare vir Laerskool A.G. Visser

A.G. Visser GedenkdagLaerskool A.G. Visser was gister en is vandag steeds 'n skool wat bekend staan as die skool vir die kind; waar elke kind gekoester word en personeel poog om elke leerder se talente met positiewe motivering fyn af te rond en elke individu met menswaardigheid te beklee tot positiewe welaangepaste burgers van die gemeenskap.

Op 16 Januarie 1940 kon die nuwe gebou van 9000 pond betrek word. Op 4 April 1940 is die skool feestelik in die vierkant van die gebou ingewyg. Dr. Andries Visser (jr) onthul die naamplaat van die skool: "A.G. Visserskool". Met die naamgewing het mnr. Kruger sy boesemvriend, maar ook ons aller-vriend, dr. A.G. Visser, vereer.

Die skool sluit op 14 Desember 1945 met 224 leerlinge op die rol en mnr, J.A.A. Kruger tree uit die diens. Sy laaste inskrywing in die joernaal lees soos volg:

Die Hoeksteen
"Dit is my laaste skooldag.
Nog vandag vertrek ek.
Mag my opvolger hier gelukkig wees,
net soos ek hier gelukkig gewees het.
Mag die skool groei en bloei
Mag daar altyd na God opgesien word vir hulp en leiding.
God sy met u tot ons weer mekaar sien."


GETEKEN J. A. A. Kruger
14 Desember 1945

Waar die skool in 1928 begin het met 'n leerlingtal van 65, staan ons vandag op 701. In 1985 was ons 652 met 27 leerkragte. Ongelukkig, as gevolg van rasionalisering van die Departement en die ontvolking van die platteland en staking van mynbedrywighede, het ons vandag net 19 departementele poste en 8 beheerliggaam poste.

Vandag is A.G. Visser 'n skool wat nie sonder handskoene aangedurf moet word nie.

Onder die presteeerders wat ons skool opgelewer het, is onder andere verskeie hoofseuns en hoofmeisies van Hoër Volkskool:

  1. Antoinette Marais - 1963
  2. Hendrik Hanekom - 1972
  3. Zabeth Hanekom (Onderhoofmeisie) - 1975
  4. Thea-Mei de Bruin - 1975
  5. Hannes Spies - 1978
  6. Ampie Jordaan - 1994/95 - Hy was ook Jnr. Burgermeester gedurende die tyd. Tans is hy in diens van PKMG Geoktrooieerde rekenmeesters en werksaam in London.
  7. Bernard Coetzee - 1999
  8. Christi Leonard - 2003
  9. Corli Leonard - 2004
  10. Barbara Carver (onderhoofmeisie) - 2005 - sy verwerf ook Gauteng kleure vir verhoogkuns en silwer op SA's, en dring deur tot die SA kampioenskappe - die eerste oud-vissie wat die prestasie behaal.

'n Liefde vir verskeie sportsoorte en kultuur aktiwiteite is ook oor die jare heen hier by A.G. Visser onder ons leerders gekweek. So presteer hulle nie net op skoolvlak nie, maar ook buite skoolverband, nl. op provinsiale sowel as nasionale vlak.

LAERSKOOL A.G. VISSER SE SKOOLHOOFDE - 'n Stewige fondasie is gelê

Mnr. J.A.A. Kruger 1928 - 1945
Mnr. P.J. Smit 1946 - 1954
Dr. F.J.J.B Herbst 1955 - 1976
Mnr. Deysel 1977 - 1983
Mnr. J.J. Jordaan 1984 - 1997
Mnr. J.S. Roothman 1998 - Huidiglik

Ontwerp deur Coffeebean Web Designs © 2008