Tuisblad
Skoolwapen en Embleme
Geskiedenis
Visie, Missie en Etos
Skoolgelde
Omsendbriewe
Sport
Kultuur
Akademies
Prysuitdelings
Dokumente
Fondsinsamelings
Personeel
Leiers
Beheerliggaam
Ondersteuningsdienste
Ondersteunersklub
Fasiliteite
Dagboek
Visservonk
Grondplan
Roete Kaart
Kontak Ons

BOODSKAP DEUR PRINSIPAAL

VOORNEMENDE OUERS VAN LAERSKOOL A.G. VISSER

Baie welkom by ons webblad — 'n geleentheid waar u ons skool, sy mense en omgewing sal beleef en sal ervaar.

Mnr J. S. Roothman - PrinsipaalOns is verheug oor u voorneme om u kind deel van Vissieland en sy mense te maak. Aangesien u die toekoms van u kind bepaal, is dit belangrik dat u die regte keuse sal maak. As ouer wil u net die beste vir u kind hê — Beslis ja!!

Laerskool A.G. Visser is nie net die trots van Heidelberg nie, maar ook die skool waarop u en u kind trots sal wees. Hier word ons kinders geleer om hul historiese en kulturele erfenisse te ag en te respekteer asook om hul Christelike beginsels uit te leef.

Laerskool A.G. Visser is dus die skool waar u kind in totaliteit opgevoed en onderrig word in sy/haar moedertaal: Afrikaans. Dit is 'n skool vir die kind en hier bly ons trots op ons leuse: "Blaas hoog die vlam."

Dit sal waardeer word indien u vir vriende, familie, kennisse en bure van ons skool sal vertel en hul ook na ons webblad sal verwys. Inskrywingsvorms is op die webblad en/of by die ontvangskantoor beskikbaar en kan ook per e-pos aan u gestuur word.

Ons goeie wense vergesel u en u kind en ons sien daarna uit om u as familie by Vissieland te verwelkom, te ontvang en te akkommodeer en so deel van 'n wenspan te maak.

VRA DIE KENNERS - VISSIES IS WENNERS!!

UITNEMENDHEID DIE LEUSE - VISSIELAND U KEUSE!!

Vissiegroete.
Prinsipaal en Personeel


Ontwerp deur Coffeebean Web Designs © 2011