Tuisblad
Skoolwapen en Embleme
Geskiedenis
Visie, Missie en Etos
Skoolgelde
Omsendbriewe
Sport
Kultuur
Akademies
Prysuitdelings
Dokumente
Fondsinsamelings
Personeel
Leiers
Beheerliggaam
Ondersteuningsdienste
Ondersteunersklub
Fasiliteite
Dagboek
Visservonk
Grondplan
Roete Kaart
Kontak Ons

ONDERSTEUNERSKLUB

Die Visie van die ondersteunersklub is as volg:
  • Die Ondersteunersklub word daargestel vir diegene wat graag die skool op Sport en Kultuur vlakke wil verteenwoordig.
  • Dit is 100% vrywillig en enige persoon kan aansluit by die klub, dit is nie net vir 'n uitgelese groep nie!
  • Die doel is om soveel moontlik lede te werf, sodat Laerskool A G Visser goed verteenwoordig sal wees tydens alle byeenkomste.
  • Die aansluitingsfooi is R100.00, en daarvoor kry die lid lidmaatskap vir 'n volle jaar, asook 'n unieke Ondersteunersklubhoedjie met die skool se wapen daarop.
  • Ledegeld is jaarliks betaalbaar.
  • Die Fondse wat deur die ondersteunersklub ingesamel word, sal dan weer op 'n positiewe manier na die kind en die skool teruggeploeg word.
Die Doel van die ondersteuningsklub is as volg:
  • Om ouer betrokkenheid en samehorigheid te bevorder.
  • Om die skool by te staan met die aankope van toerusting op sport en kultuur gebied.
  • Om behoeftige leerlinge tydens toere finansieel by te staan, hetsy met 'n eenmalige skenking of die aankoop van toerusting.
  • Om erkenning aan leerlinge te verleen vir uitsonderlike prestasie op sport en kultuur gebied.

Ons hoop van harte dat soveel as moontlik ouers ons sal ondersteun in hierdie projek. Indien u wil aansluit by die klub, kan u gerus met Elize Booysen skakel by 084 688 7451.

Elize Booysen
Voorsitter: Ondersteunersklub
Kobus Wiese
Beheerliggaam: Bemarking

Ontwerp deur Coffeebean Web Designs © 2008