Tuisblad
Skoolwapen en Embleme
Geskiedenis
Visie, Missie en Etos
Skoolgelde
Omsendbriewe
Sport
Kultuur
Akademies
Prysuitdelings
Dokumente
Fondsinsamelings
Personeel
Leiers
Beheerliggaam
Ondersteuningsdienste
Ondersteunersklub
Fasiliteite
Dagboek
Visservonk
Grondplan
Roete Kaart
Kontak Ons

SKOOLWAPEN EN EMBLEME

DIE SKOOL SE NAAM

Ons skool is vernoem na 'n bekende man van ons volk, nl. Dr. A G Visser, Digter en geneesheer uit ons kontrei. Uitstaande persoon word vereer deur hom te vernoem, so is Dr A G Visser vereer deurdat ons skool, 'n straat in Rensburg en ook die hospitaal na hom vernoem is.

Ons het in 1979 A G Visser-jaar gevier, want as hy sou geleef het, sou hy 1 Maart 1979, 'n honderd jaar oud gewees het.

DIE SKOOL SE WAPEN

Die wiel stel vooruitgang voor. Die twee fakkels stel die lig van kennis voor - teenoor die donker van onkunde. Ons verryk ons kennis by die bron van kennis, nl. die skool. Ons vooruitgang word bepaal deur ons kennis en dit bring ons by ons skool se leuse.

DIE SKOOL SE LEUSE

"Blaas hoog die vlam." - Moenie laat slaplê nie. Dit hang van onsself af of die vlam sterk of flou brand. Hoe flukser ons leer, hoe hoër brand ons vlam. Ons moet gereeld elke dag se werkies doen.

DIE SKOOL SE KLEURE

Skoolkleure moet smaakvol en gepas wees. Ons skoolkleure praat die taal van die natuur daarbuite ons klaskamer venster. Die geel van die son en die groen van die hoëveldse gras.

SKOOLLIED

(Geskryf deur Dr FJJB Herbst, oud skoolhoof - Getoonset deur Mev. Alet van der Merwe)

Die sanger van Suikerbosrand
het met liefde sy volk hier gedien
en daarom dat ons, A G Visserland
liefdesdiens as taak hier sien.

In Rensburg werk almal mos pligsgetrou
dien ons Skepper, ons naaste, ons land.
Ons trag om ons naam steeds hoog te hou
Laat die lig van die fakkel steeds brand

Blaas hoog die vlam
Blaas hoog die vlam


Ontwerp deur Coffeebean Web Designs © 2011